Almal het nog altyd gesê kindersgrootmaak is nie
speletjies nie!! Ek is nou weereens
daaraan herhinner gister!
Ons het vir Kaylee 06:15 wakker gemaak om haar
"pappies" te eet (splinternuwe boks vol Winnie the Pooh Cereal) - ek
het haar uit die bed uit opgetel en by die tafel op die stoel neergesit - toe
bewe sy nog so van slaap... Foeitog!
Teen 7 uur was ons reg om te ry! Toe neem ons maar 'n paar fotos en probeer
die emosies onder beheer kry. Ek het toe
maar met haar gesels en vir haar gesê as ek sou huil moet sy nie te veel worry
nie - dit sal maar net wees omdat ek bly is en hartseer is en omdat ek nie kan
glo dat sy so groot geword het nie! Sy
sê toe dit is reg - sy sal verstaan!
By die skool het sy in die klas ingegaan en op die mat
gaan sit en wag vir die res van die kinders.
Ek het maar heeltyd die knop in my keel wegsluk - want haar
kleuterskooljuffrou het my die dood voor die oë gesweer as ek voor haar huil!
Soos tipiese eerste skooldag ouers het Mike video geneem
en ek het fotos geneem - ek het net besluit as iemand wil lag - dan moet hulle
maar! :-) Ons het seker nie erger gelyk as meeste van
die ander eerste dag ouers nie...
Ons het gebly vir die opening van die skool, en daarna is
die kinders klastoe en ons moes huistoe.
Toe ek en Mike daar omdraai om terug te gaan kar toe - toe bars die
vloedhekke!! Ek kannie onthou wanneer
laas ek so verskriklik hartseer was nie!
Mike wou nog die "grand finale" afneem met die videokamera
(die ma wat huil) - toe dreig ek hom met die dood! :-) Hy wou hom doodlag!!
Ek het haar 5 oor 1 die middag by die skool gaan haal.
Sy sê hulle het prentjies geteken, en sy hou van haar juffrou. Sy het nog nie eintlik 'n maatjie nie want sy "probeer nog mak word vir die skool en die maatjies"...! Sy het ook net een keer AMPER gehuil so in die middel van die dag - en toe ek vra hoekom - toe sê sy "omdat ek so groot geword het"... (Julle!!)
Ek het toe ook gevra of sy darem al begin Chinees leer
het - Ja, sê sy, sy kan al "ching, chong, cha" sê! Nou - ek weet nie heeltemal waar dit vandaan
kom nie, en gaan ook nie te veel vra op die stadium nie - ek weet net een van
die seuntjies in haar klas se Pa het vir die juffrou gesê - "please
remember that my child cannot speak English very well yet - this is his first
day of learning" (hierdie is min of meer direk vertaal!) Gelukkig is daar nog 'n Chinese dogtertjie
ook in die klas wat darem seker sal kan help met die vertalings! Die juffrou is oorwegend Afrikaans - maar dan
kry hulle obviously in engels klas.
Ek het haar gevra of ek haar vandag by die skool moet
gaan haal - sy het vir my mooi vertel dat sy heeltemal OK sal wees en dat sy in
die bussie sal klim. Toe ek die 3de keer
vir haar vra of sy seker is - toe wil sy by my weet hoekom ek aanmekaar vir
haar vra of sy OK gaan wees - sy het mos nou al vir my gesê sy sal op die
bussie klim en sy sal fine wees!!
Gmf!! Behalwe dat sy skooltoe is
- raak sy nog onafhanklik ook!! :-)
Ons is baie trots op haar en sy het die eerste skooldag
BAIE goed hanteer - inelkgeval BAIE beter as haar ma!
Liefde,
Lona
No comments:
Post a Comment