Friday, 22 June 2012

Jade Skooltoe - 12/01/2010

Hallo aan almal,

Nou ja, so begin ons weer 'n nuwe jaar met nuwe en opwindende dinge!!!

Kannie glo dis 2011 nie en kannie glo ons baby is vandag graad 1 toe nie (met een voortand wat nog net aan 'n draadjie hang)!!

Een van my dierbare vriendinne herhinner my vanoggend aan 'n briefie wat ek geskryf het toe Kaylee skool toe is die eerste keer en stel voor ek doen dieselfde oor Jadie... :)

Dit voel soos gister wat Jade gebore is!  Dierbare klein dingetjie wat basies haar eerste 18 maande om geskreeu het en soos 'n etiopiertjie gelyk het met die maer beentjies en die permanente boepie van al die suur wat geborrel het!  Ek het al baie keer in my lewe gedink dat sy liefs nie eendag moet gaan vir hipnoterapie nie want ek weet nie of sy my ooit sal vergewe nie... :)  Ek onthou die bakleie wat ek met myself en met haar gehad het - en elke keer daarna (seker 100 keer per dag) dieselfde gebedjie opgestuur het - "Ek is baie lief vir my kind, asseblief moet haar nie by my kom vat nie, ek is jammer ek het die of dat of sus of so gedoen of gese, maar asseblief - ek is rerig lief vir haar!  Moet haar netnie kom haal nie"!! :) Klink soos my ma se "mantra" gedurende my (baie moeilike en opstandige) matriek jaar...  Sy het elke oggend opgestaan en haar eerste gedagte was blykbaar "sy IS my kind en ek IS lief vir haar"!! :)

Ek dink nie ek was al ooit voor Jade se 1ste paar maande (of daarna) so moeg soos gedurende daardie tyd nie!  Ek onthou ek het eendag 'n ½ uur vroeg opgedaag vir 'n vergadering by iemand in Discovery, en het net daar na die toilette toe gestap, myself toegesluit, my baadjie uitgetrek en gaan le en slaap op die vloer in die toilet hokkie!!!  Ek moes my alarm op my foon stel!!  Het die vergadering ingestap met kreukels op my gesig en lekker deurmekaar hare!! :)  Ek het ook eendag oor die straat moes stap na die ander gebou, en het die "kyk links, kyk regs, kyk links" ding gedoen, gesien daar kom 'n kar aan, maar inelkgeval gestap!!!  Ek dink nie my brein en my ledemate kon eers met mekaar kommunikeer op daardie stadium nie!!! :)  Die kar het vreeslik vir my getoet en vuiste gewaai en so aan, en ek was darem redelik wakker vir 'n rukkie daarna!  My dierbare skoonouers het ons 'n paar keer gered met 'n aand of twee se "baby sitting" en ons kon ongelooflike nodige slaap inhaal!  Ek onthou een dag het Jade by hulle gebly op een van die dae wat Zulu daar was, en hy het na die tyd vir Rosie vertel hy weet nie wat die "oumense" met Jade gedoen het nie maar sy het vreeslik gehuil, en hulle het om die beurt met haar op en af in die gang gestap!  Ons huishulp van 5 jaar (Rosie) het ook kort na haar geboorte bedank - en ek dink nogsteeds haar ore kon nie meer nie!! :)  Nix het een aand aangebied om vir ons te babysit terwyl ek en Mike 'n aand uit is na 'n Whiskey proe geleentheid - saam met van die mense met wie ek gewerk het by Discovery.

Toe ons die aand laaaaat by die huis aankom toe staan Nicki met Jade in haar arms en se vir ons "hier is sy, ek is klaar!!!"  Toe skreeu Jade al vir omtrent 4 ure non-stop!!  So kan ons bladsye vol stories vertel van Jade! :)

Waar Kaylee in 'n groot mate by ons aangepas het moes ons maar baie vinnig leer om by Jade aan te pas!!  Nou dat ek so praat - ek dink dit gebeur in 'n groot mate vandag nog!! :)

Ek wou nogals vreeslik graag nog 'n kindjie he - want ek het altyd die ding in my kop gehad oor 'n seuntjie, aangesien Mike die enigste seun was, sy pa die enigste seun was en sy oupa was ook die enigste seun!!  Ek het die voorstel aan Mike gemaak so endjie in Jade se lewe in - en hy het my met 'n ongelooflike verbaaste gesig aangekyk en gese "Jy het duidelik 'n baie baie kort geheue"!!!  Kort daarna het hy homself in die hospital ingeboek vir sy vasectomy (ek se sommer gewoonlik hy is "reggemaak") en dit was die einde van my droompie!! :)

So het sy nou al amper sewe jaartjies van haar lewe afgele en vir ons baie plesier en genot verskaf.  Sy vermaak my nogsteeds vreeslik en ek kan vir ure sit en kyk na haar!  Haar absolute en kinderlike geloof in God is keer op keer vir my 'n inspirasie, en die manier waarop sy absoluut die bestaan van Kersvader en die Tandemuis regverdig is vir my ongelooflik interessant!

Sy was so opgewonde gisteraand!  Gespring en onophoudelik gepraat (soos gewoonlik)!  Sy het wel op 'n stadium vir my gese sy is nogals bang vir more...  Ek het vir haar slaap olie aangesmeer gisteraand, 2 rescue remedies gegee (op een slag!  En my dood bekommer dat ek haar oordosseer het! :)) en saam haar op die bed gaan le en Peter Rabbit gelees.  Sy het vir die eerste keer in 'n lang tyd AL haar beertjies en hasies en hondjies en Babalelas (Kaylee sin ook) om haar gepak en uiteindelik rustig geraak.

Sy het vanoggend met 'n groot groot glimlag wakker geword.  Ek het haar gehelp aantrek - nie dat dit enigsins meer nodig is nie - maar ek wou!!  Sy het egter aangedring om haar eie skoene aan te trek.  Ek moes smeek om die hare oor te doen want die het sy ook self gedoen.  Sy kon nie veel geeet kry nie...  Ek dink die magie was maar half op 'n knop.  Maar sy is weg met haar nuwe suitcase (wat omtrent so groot soos sy is) en haar kospakkie en haar naskool klere.  Ons het vir Stacey en Keiara en Shazia by die skool raakgeloop en Keiara en Jade het onmiddellik begin praat en speel en spring.

Hulle is in dieselfde klas, maar sit nie langs mekaar nie! :)  Al Kaylee se maats het 'n groot ophef van Jade gemaak en haar juffrou is Kaylee se hokkie afrigter, so sy het dadelik geweet wie Jade is, wat dit ook makliker gemaak het.

Ek het 'n oomblik, van heimwee gehad oor die feit dat sy so groot en onafhanlik is (wat is my werk dan?! :)), maar sy was regtig so opgewonde dat ek nie eers die trane uitgedruk kon kry nie!  Ek voel so half of ek haar verraai - want toe Kaylee skooltoe is het ek my byna dood geween!!! :)

Kaylee het nogals gevra dat ek saam met Jade moet gaan, en Mike saam met haar, maar sy het kort na ons by die skool aangekom het ons verlaat en saam met die maatjies rondgehardloop.  Sy is nou so so groot!!  Daar is nog net 2 jaartjies vir haar op laerskool en dan skuif ons aan!!  Sy is 'n ongelooflike dierbare kind en het jare en jare se geduld met haar klein (en baie besige) sussie!  Ons probeer baie hard om vir haar die spasie wat sy met tye nodig het te gee.  Dit gaan maar moeilik want Jade kannie verstaan dat haar suster 'n ruskans nodig het nie, sy is dan op aarde geplaas om haar te "entertain"!!!??? :)

Ek sien uit om my kindertjies vanmiddag by die skool te gaan haal en al die stories te hoor.  Ek voel ongelooflik bevoorreg en geseend om hulle te he - en dan kan ek nie my "ou man" uitlos nie.  Ek dink hy is seer sekerlik die beste man ooit!! :)

Dankie Charmaine vir die onthou!!  En ek hoop hierdie briefie beteken vir julle so baie soos wat dit vir my beteken om dit te skryf!

Lief vir julle!!

Lona

Ps - ek kry nie die fotos van my blackberry af op my rekenaar om dit te stuur nie - maar ek sal vir julle 'n fototjie stuur sodra ek dit uitgewerk het!

Lesotho Bike Trip - Mike diary and photos




DAY 1: 15th July: Pretoria to Bethlehem

  • Depart Elardus Park 10h30
  • Tar road to Delmas
  • Dirt road to Devon
  • Lost luggage on the dirt road – braai grid is still on some bloke’s farm
  • Dirt road to Greylingstad
  • Dirt road to Villiers
  • Tar road to Frankfort
  • Dirt road to Reitz
  • Dirt roads into Bethlehem
  • Loch Athlone has closed its camping site – resort has privatised.
  • Supper at Nix Pub
  • Negotiated good terms for the penthouse suite
  • Drinks and pool at the local nightspot
  • Nice warm bed at Nix
DAY 2: 16th July: Bethlehem to Afriski

  • Depart Bethlehem 10h00
  • Tar to Clarens for breakfast – Marinus lost his keys – fortunately had a spare
  • Dirt road to Fouriesburg – filled up with petrol
  • Into Lesotho at Caledonspoort border post. You actually have to pay R5-00 to park your vehicle while you complete the necessary forms.
  • Climbed the Malutis on reasonable roads. Butha-Buthe
  • First signs of snow – stopped for pictures a few times
  • Roads full of ice, but had been treated with salt
  • Beautiful frozen waterfalls – ideal time to mix a drink.
  • Stopped at New Oxbow lodge – no camping so we enjoyed a Maluti (lager)
  • Stopped at Afriski at about 17h00 – nice pub.
  • Pitched our tents in the veld – place is still being developed
  • Spent evening in the pub with the locals and the developers
  • Plenty of Brandy with Pieter v/d Berg who is developing the log cabins and golf course
DAY 3: 17th July: Afriski to Katze

  • Woke in the tents with all water and cold drinks frozen solid
  • Marinus had his sleeping bag frozen to his tent
  • A quick tinned breakfast and back on the road
  • Got petrol on the road to Mopholaneng
  • Followed a road marked 4X4 vehicles only – they mean it
  • Beautiful views up in the mountains.
  • Only did mountain passes – terrible “roads”. You wind up the mountain, stop and take in the view, wind down again and cross a stream or river.
  • Konrad dropped his bike in old mud ruts – I came around the corner to be met by a dust cloud and Konrad rolling down the side of the mountain – fortunately not a drop-off, as they do not know about roadside barriers.
  • Only 1 indicator damage and a few scratches on the bike – and the bruised ego, the first of many!!!!
  • Marinus was next with 2 indicators, a few damaged panels and a broken wind visor, his first of 6 falls for the day. He eventually ended up with no indicators, 1 mirror, a broken clutch handle and a broken visor – serious ego damage.
  • His most spectacular wipe-out was only witnessed by Werner who followed him around a bend in time to see him attempt to cross a river on his side. He ended up under the bike with the river flowing over him and through his bike and luggage.
  • Werner then proceeded to put his McGyver tricks to use, fixing the clutch handle with duct tape, spanners and cable ties. This held for the rest of the trip.
  • At some stage we must have lost the road, because we ended up on something resembling a mountain goat track. Myself and Werner managed to organise our own ego knocks on this stretch, me climbing the mountain and him descending. Fortunately only the ego’s were damaged and not the bikes.
  • The dark caught up with us while we were trying to cross a river in a deep valley with no road in sight
  • A bit of chat with a few locals who thought we were stark raving mad (even though it was them who had been smoking the local flora), and we were sort of sent in the right direction.
  • Eventually reached a tar road at Seshote.
  • We decided to push on even though it was dark and drove into Katze Village sometime before 9 that evening
  • There was no camping so we had to book into the lodge for the night (phew). A few Maluti’s later and everyone was feeling much better. The staff opened up the kitchen again and made us a few hamburgers, lifting the spirits even further.
Day 4: 18th July: Katze to Sehlabathebe

  • We woke to the most amazing view from the lodge which is built on a peninsula almost surrounded by the dam.
  • It took a while to get the bikes started in the thin air and cold, but once up and running we hit the road again, this time aiming for the Sehlabathebe National Park, the only one in the country.
  • The tar didn’t last long and we soon found ourselves on dirt tracks in the mountains again. Same old up, down, through the stream and up again.
  • The route was via Thaba-Tseka, Mohlanapeng, Taung, St Theresa, Mashai, Sehong Hong, Molaoa and Matebeng with the passes all being in the region of 3000 meters
  • The Basothos in the rural areas are absolutely amazing. There are no trees in the place being so high up that most of the country is above the tree line. There is a proliferation of primary schools and these also provide just about the only signage you get in some areas. The people are generally friendly but you get some who are inclined to take a shot with a stick or stone as you go past – fortunately none of them had a good aim.
  • We headed East for the Park. Sehlabethebe itself is a small village with minimal facilities. We did not stop but headed into the park and managed to find the “lodge” they advertised on the map.
  • The caretakers seemed surprised to see us but had no problem in opening up and showing us the place – an old house which had been extended to resemble a large rambling add-on.
  • At least they have a fireplace (5 Maloti’s for the fire) and the family room with 4 beds for 200 Maloti’s. (Maloti = Rand)
  • The lodge also has gas lights and geysers, so we could each have a nice relaxing bath and then relax in front of the fire.
DAY 5: 19th July: Sehlabathebe to Port St Johns

  • A reasonably early morning with the wind howling around the lodge saw us back in Setlabathebe looking for petrol. We got some interesting pictures of the rusted out hulks of the ex-petrol pumps.
  • The locals referred us to the local supermarket which was run by an Oriental bloke who looked as if he had run away from some major crime in the east. He could speak no English or Sotho and you had to point to whatever you wanted and wait for him to ring it up on his till to see how much it cost.
  • After much gesticulation and the eventual intervention of his shotgun-toting security guard we managed to explain that we were looking for petrol. After we had each paid the required R6-50 per litre for our 5 litres, he shouted at a woman in the store who promptly disappeared and came back from behind the building with a filthy 5 litre bottle filled with a liquid of dubious origin. We first filled up 1 bike to see if it would die a smoky death before filling up the others.
  • Bushman’s Neck is the closest border post, but fortunately we met someone who advised us that it was for pedestrians only, so we set off along the Southern Border for Qacha’s Neck.
  • Once again it was a harrowing piece of road where at times you just had to hold on, slide and hope you stopped before hitting something solid at the bottom
  • There were again some beautiful views along the way and we actually managed to get up to third gear in some places along the valley bottom.
  • The only vehicles we saw in these areas either were 4X4’s belonging to the more adventurous dealers, or those belonging to the World Food Program or some other UN agency.
  • The route was via Moshebi, Hill Top, Tsoelike, Ratsoleli and Hermitage Mission.
  • We rejoined the main road a few km’s before the border and went through at Qacha’s Neck with the minimum fuss and bother.
  • The first stop was at the Sunnyside Tavern where we could enjoy an ice-cold quart
  • From there we managed to do good time, going through Matatiele, Cedarville, Kokstad, Fort Donald, Ludeke, Ndakeni, Koloni, Flagstaff & Lusikisiki and pulled into Port St Johns at about four in the afternoon.
  • We drove around a bit and ended up at The Green House (so named for obvious reasons). The “owner” of the establishment was a strange chap with one arm and shoulder missing. We managed to clear the dust out of our throats before moving onto Amapondo Backpackers at second beach.
  • They had a nice camping spot with a great view of the sea and we set up camp there before settling down for a braai and a few drinks in their well stocked pub.
Day 6: 20th July: Ports St Johns

  • We had decided to stay for 2 nights, so only took the bare minimum for a day outing around the area and South along the coast
  • They have the most amazing view from the elevated PSJ airfield over the river mouth. The airfield is on the Southern head overlooking first beach and is one of those where you have to pre-arrange to have the local livestock chased off the strip before you can land.
  • We moved on down the coast towards the Unmgazi river mouth and on the advice of some PSJ locals ended up at a place called The Kraal. It is a sort of back packers but like a lot of places around the area it seems as if some people arrive there and never leave.
  • We had the only 4 beers they had at the place (I suspect they are more into other forms of hallucinogenic substances), then moved on back to PSJ with Tyre Weld keeping 2 of the 8 wheels sort of inflated.
  • Back to Amapondo for a quiet evening in the pub, trying to stay semi compis-mentis among the semi-sweet aromatic fragrances which are par for the course.
DAY 7: 21st July: PSJ to Bulwer

  • We headed back along the same route to Kokstad and then turned north to Franklin, St Gregory’s, Creighton, Donnybrook and on the Bulwer.
  • The ride took most of the day and we arrived at Wild Sky adventures backpackers and paragliding lodge in the late afternoon.
  • Myself and Werner pitched tents and Konrad and Marinus offloaded in a log cabin as their girlfriends were due to arrive the next day.
  • We had supper at Nip Inn and turned in rather late
Day 8, 9 &10: 22nd to 24th July: Bulwer/Underberg

  • 3 peaceful days with the other travellers getting some good paragliding in.
  • I spent the time between the paragliders and Ian & Karen Maddison, who are farming just outside Underberg.
  • Also got a tandem flight with the owner of the outfit, Hans Fokkens.
  • There are some great country pubs in the area such as the Nip Inn, the Bird in the Barley and the Duck and Puddle, so we did our bit in keeping the local economy ticking over properly.
  • The 2 girlfriends left for PTA on the 9th after a breakfast run to Underberg and a last flight.
Day 11: 25th July: Bulwer to Little Switzerland.

  • We followed the eastern edge of the Drakensberg National Park. Good to be back on the bikes again after 3 idle days.
  • The route took us past Shiyabantu, Kamberg,Kwa Monkonjane, Hlatikulu, Kwa Dlamini to White Mountain where we stopped for lunch.
  • From there we travelled further north to Bergville for petrol and a break before moving on the Little Switzerland.
  • There is no camping at Little Switzerland so we moved back a few KM’s to a camping ground at ??????? with a fantastic view of the Amphiteatre.
  • A decent pub supper and a few drinks and we headed off to the tents.
Day 12: 26th July: Little Switzerland to Pretoria.

  • We skirted the Sterkfontein Dam on the West and wound our way to Harrismith.
  • From there we crossed over the N3 and took back roads in the direction of Verkykerskop passing Vrede and Ascent before crossing from the Free State into Mpumalanga at Robberts Drift.
  • We then went through Holmdene, Bosmansfontein and Devon before taking on the last petrol in Delmas and heading back to “civilisation”







































  

Kaylee 1st day at school - 12 January 2006

Julle!!!

Almal het nog altyd gesê kindersgrootmaak is nie speletjies nie!!  Ek is nou weereens daaraan herhinner gister!

Ons het vir Kaylee 06:15 wakker gemaak om haar "pappies" te eet (splinternuwe boks vol Winnie the Pooh Cereal) - ek het haar uit die bed uit opgetel en by die tafel op die stoel neergesit - toe bewe sy nog so van slaap...  Foeitog!

Teen 7 uur was ons reg om te ry!  Toe neem ons maar 'n paar fotos en probeer die emosies onder beheer kry.  Ek het toe maar met haar gesels en vir haar gesê as ek sou huil moet sy nie te veel worry nie - dit sal maar net wees omdat ek bly is en hartseer is en omdat ek nie kan glo dat sy so groot geword het nie!  Sy sê toe dit is reg - sy sal verstaan!

By die skool het sy in die klas ingegaan en op die mat gaan sit en wag vir die res van die kinders.  Ek het maar heeltyd die knop in my keel wegsluk - want haar kleuterskooljuffrou het my die dood voor die oë gesweer as ek voor haar huil!

Soos tipiese eerste skooldag ouers het Mike video geneem en ek het fotos geneem - ek het net besluit as iemand wil lag - dan moet hulle maar!  :-)  Ons het seker nie erger gelyk as meeste van die ander eerste dag ouers nie...

Ons het gebly vir die opening van die skool, en daarna is die kinders klastoe en ons moes huistoe.  Toe ek en Mike daar omdraai om terug te gaan kar toe - toe bars die vloedhekke!!  Ek kannie onthou wanneer laas ek so verskriklik hartseer was nie!  Mike wou nog die "grand finale" afneem met die videokamera (die ma wat huil) - toe dreig ek hom met die dood! :-)  Hy wou hom doodlag!!

Ek het haar 5 oor 1 die middag by die skool gaan haal.

Sy sê hulle het prentjies geteken, en sy hou van haar juffrou.  Sy het nog nie eintlik 'n maatjie nie want sy "probeer nog mak word vir die skool en die maatjies"...!  Sy het ook net een keer AMPER gehuil so in die middel van die dag - en toe ek vra hoekom - toe sê sy "omdat ek so groot geword het"...  (Julle!!)

Ek het toe ook gevra of sy darem al begin Chinees leer het - Ja, sê sy, sy kan al "ching, chong, cha" sê!  Nou - ek weet nie heeltemal waar dit vandaan kom nie, en gaan ook nie te veel vra op die stadium nie - ek weet net een van die seuntjies in haar klas se Pa het vir die juffrou gesê - "please remember that my child cannot speak English very well yet - this is his first day of learning" (hierdie is min of meer direk vertaal!)  Gelukkig is daar nog 'n Chinese dogtertjie ook in die klas wat darem seker sal kan help met die vertalings!  Die juffrou is oorwegend Afrikaans - maar dan kry hulle obviously in engels klas.

Ek het haar gevra of ek haar vandag by die skool moet gaan haal - sy het vir my mooi vertel dat sy heeltemal OK sal wees en dat sy in die bussie sal klim.  Toe ek die 3de keer vir haar vra of sy seker is - toe wil sy by my weet hoekom ek aanmekaar vir haar vra of sy OK gaan wees - sy het mos nou al vir my gesê sy sal op die bussie klim en sy sal fine wees!!  Gmf!!  Behalwe dat sy skooltoe is - raak sy nog onafhanklik ook!! :-)

Ons is baie trots op haar en sy het die eerste skooldag BAIE goed hanteer - inelkgeval BAIE beter as haar ma!

Liefde,

Lona







Brief 11 Augustus 2005 (Lesotho bike trip etc)

Liewe Almal,
Ek kan alweer nie onthou wanneer ek laas geskryf het nie - ek het nou die dag my emails skoongemaak en ek vermoed ek het my laaste brief delete - so verskoon maar as ek myself herhaal.

Soos julle almal nou seker al weet het Mike en Kie hulle "bike trip" vreeslik geniet!  Hulle het die Vrydag deurgery Bethlehem toe - al die grondpaadjies gery tot daar.  Hulle het by Nick's Pub geslaap - ons slaap altyd daar met die Mei maand warmlugbalonne kampioenskappe.  Dit is verskriklike nice mense en hulle het vir Mike-hulle plek gemaak in hulle kinders se woonstel teen 'n minimale prys.  Saterdagoggend is hulle deur Lesotho toe - ook op die grondpaaie.  Hulle het Saterdagaand by 'n kampplek aangekom waar hulle wou oornag - net om te hoor dat die mense nie toegelaat word om kampeerders daar toe te laat daardie tyd van die jaar nie.  Dit is te gevaarlik.  Die mense gaan dood van die koue!  Anyway.  Hulle besluit toe maar om verder en hoër die berge in te ry waar hulle toe by een of ander ski lodge uitgekom het.  Daar het hulle aan die kuier geraak by die bestuurder van die ski lodge wat hulle blykbaar naderhand gesmeek het om by hom in die lodge te bly - maar nee - hulle het reeds besluit dat hulle die aand in hulle tente gaan slaap.  Hulle het afterall nog nie 'n beurt gehad in die tente nie - en hulle het dan nou besluit om al die rowwe en onbeskofte dinge te doen.  Needless to say...  Al die goed wat hulle in vlesse en houers gehad het was vasgevries die volgende oggend.  Marinus se slaapsak het teen sy tent vasgevries - maar almal het klaarblyklik BAIE lekker geslaap en GLAD NIE koud gekry nie!  Weet nie hoeveel daarvan was te danke aan die "hollow fibre" slaapsakke, die "fleece bags", die "thermal underwear" ens ens nie.  Ek vermoed 'n groot deel van die lekker slaap was te danke aan die lodge bestuurder wat hulle probeer oorreed het om in die lodge te slaap, en die manier waarop hy hulle probeer oorreed het was om hulle half gepiets te maak sodat hulle nie kan dink nie.  :-)

Hulle het die volgende dag 200 of 300km in Lesotho in gery na die Katse dam toe waar hulle wou oornag.  Die paaie was so rof dat hulle 10 ure daaraan gery het en eers pikdonker nag daar aagekom het.  Een van die ouens - hoeka die Marinus met die vasvries slaapsak - het blykbaar omtrent 7 keer geval.  Hulle het maar naderhand die stukkies moterfiets opgetel en saamgery vir ingeval dit later gebruik kan word in die regmaakproses.  Dit was blykbaar BAIE rof.  Van so aard dat jy maar jou oë toehou en opry met die berg hopende dat jy nie 'n te groot rots sal tref nie; en bergaf sit jy maar en trap rem en trek rem en gaan gly-gly die bergaf.  Hulle is deur "honderde" strome en riviertjies.  Mike sê die beste val wat hy gesien het is toe hy oor die berg kom aan die ander kant af - hy sien vir Konrad - die volgende ooblik sien hy net 'n stofwolk en 'n mannietjie met 'n "helmit" wat bollemakiesie by die berg afrol.  Gelukkig het niemand regtig seergekry nie.  En gelukkig het niemand regtig ernstige motorfiets breke opgedoen nie.

Ek dink hulle het een aand by Katse Dam geslaap en toe die volgende dag deurgery na Port St Johns toe in die Transkei.  In 'n baie mooi "backpackers" lodge gebly met 'n ongelooflike uitsig.  Daar het hulle twee aande oorgeslaap en lekker rondgery langs die see.

Van daar af is hulle Bulver toe.  Dit is naby Bergville en Pietermaritzburg (dink ek).  Konrad-hulle het daar gaan paraglide vir die naweek.  Mike het sy eerste "tandem" vlug gehad wat blykbaar baie lekker was - maar nie lekker genoeg om dit weer te probeer nie.  Inelkgeval blykbaar nie nadat hy so onverwags met 'n R350 rekeninkie gesit het nadat almal gedink het hy kry die vlug verniet nie.  :-)  Hy het baie tyd spandeer by Ian en Karen - sy Pietermaritzburg buddies.  Ian bestuur 'n plaas in die omgewing.

Hulle die Maandag daar gery - oorgeslaap êrens in die Drakensberge en die Dinsdag teruggekom in Pretoria.  Marinus (weereens) se "clutch" kabel het blykbaar gebreek - maar Werner (wie se bynaam Camel-man is by the way) het dit reggemaak met "cable ties" en "spanners" wat hy aanmekaar wasgedraai het met "masking tape".  Die het gehou tot in Pretoria met net een of twee van die spanners wat langs die pad uitgeval het.  :-)  Die arme Marinus het dit omtrent gekry.  Hy het sy moterfiets eers omtrent drie weke voor die toer gekoop - kontant.  Met een van die oefensessies voor die tyd val hy toe so sleg met die moterfiets dat die in die werkswinkel was vir twee weke - en daarom het hy nou nie reeds baie tyd gehad om te oefen nie.  Na die Lesotho toer moes hy weer die moterfiets invat werkswinkel toe want daar was verskeie stukkies missing en heelparty skrape wat nie so goed gelyk het nie.  Hy het die fiets na 'n werkswinkel in Midrand geneem - BAIE ver van die eerste werkswinkel - want hy het blykbaar baie skaamgekry en kon nie dink dat dit enigsins goed is vir die ego om so twee keer na mekaar so vreeslike vernielde fiets in te neem nie.  Die mense mag dalk net begin dink hy kannie ry nie...  :-)  (Ek sê liewer niks - ek was nie daar om dit te beleef nie... :-))

Met ons en die kinders gaan dit baie goed.  Die kinders begin nou weer vir die eerste keer bietjie snuffelrig raak - seker maar die verandering van seisoen.  Ek het gister die homopaat gebel en Margaret begin vandag met die medisyne.  Hoop dit werk weer so goed soos altyd.  Kaylee het nogal 'n lelike kroephoesie aan haar...

Ons is weer besig om te begin regmaak vir Kaylee se verjaardag.  Sy word 6 hierdie jaar.  Ek kan dit nie glo nie!!!!  Ons kind gaan volgende jaar skooltoe!!!  Ons weet nogsteeds nie eintlik waarheen sy sal gaan nie.  Het nou aansoek gedoen by die Chinese Skool en by Irene Primary.  Gaan maar kyk waar ons regkom.  Ons val ongelukkig net-net uit Irene se voedingsarea en sal op 'n waglys moet gaan.  Mike het 'n briefie geskryf wat sê dat hy kantore in Centurion het - wat teoreties absoluut die waarheid is.

Kaylee gaan 'n Little Mermaid party hê.  Tannie Priscilla van langsaan gaan weer die koek bak.  Sy het Jadie se Nemo koek so mooi gemaak die laaste keer.  Ons gaan weer die partytjie by die huis hou - hierdie keer soek ek net gladnie die kinders binne in die huis nie!  Dit was laaskeer 'n redelike gemors!  :-)  Ons gaan vir hulle goue karton gee sodat hulle krone kan maak met groen en blou blinkertjies en gom.  Hulle kan Little Mermaid prentjies inkleur vir pryse - elkeen sal maar 'n prysie moet kry...  Ek gaan kraletjies soek wat hulle kan inryg om hangertjies en armbande te maak, en hulle kan staffies maak met die goue karton en stokkies wat hulle kan plak.  Margaret gaan vir my suikerkoekies bak in die vorm van seesterre wat Kaylee met klein ronde koelbolletjies kan versier.  Ek gaan bubbles kry wat hulle kan blaas - en dan natuurlik die ewige wenner - die Jumping Castle!!  :-)  Ek weet nie wat die arme seuntjies gaan doen nie - behalwe om die dogtertjies te irriteer - maar ek is seker hulle sal mekaar besig hou, en as niemand kyk nie sal hulle ook 'n paar van die goedjies doen.  Ons sal maar maak of hulle konings is met die krone, en hulle sal seker ook nie omgee om in te kleur nie.  Vandag se tyd is dit inelkgeval mode vir mans om hangertjies en armbande te dra - so ons sal hulle maar daarheen ook stuur.  :-)

Ek het die idee gekry van die internet af.  'n Vrou in Eureka, Californie (waarookal dit mag wees), het vir haar dogtertjie so partytjie gehou.  Ek het so min of meer al die "ingredients" al gaan kry - en dit kom my verbasend goedkoop uit!  Dit maak nogal 'n verskil as mens dit mooi beplan vir 'n verandering instede van om die dag voor die tyd gou iets bymekaar te maak!  My forte...

Ek is nogsteeds op 'n mission om gewig te verloor.  So gaan sien ek mos 'n tannie daar in Lynnwood wat bekend staan vir haar "herbal abilities".  So gee die tannie vir my 'n sakkie tee - wat Mike reken as die Narkotiese buro die huis binnekom as ek besig is om dit tee te maak dan neem hulle my onmiddellik weg.  :-)  So kry ek ook toe pienk kristalle wat genoem word "tummy tuck" kristalle en wat smaak kompleet soos vicks!!  Ek is die dood voor die oë gesweer om nie van die kristalle te drink nie - ek moet dit sif met 'n baie fyn siffie - wat sy toe ook sommer aan my gegee het.  So kry ek ook toe 'n resep wat die maag gereeld sal laat gaan wat bestaan uit pruime wat in water gelê het, 'n koppie brandewyn - as preserveermiddel, KLOMP gliserien en om alles te kroon een of ander sakkie goed wat BAIE verdag lyk, en BAIE erg proe.  So drink ek toe die tee deur die dag en eet in die aande 'n ou ietsie - maar kroek oor naweke van so aard dat al die goeie werk van die week heeltemal ten gronde gaan.  Anyway - ek is toe mos 23:00 die aand hospitaal toe so rukkie terug met 'n VREESLIKE pyn op my maag - wat toe uiteindelik gediagnoseer is as urienweg infeksie - wat ek tot vandag toe nog sê kon nie al gewees het nie, want net urienweginfeksie kan nie SO seer wees nie!  Ek het regtigwaar gevoel en gaan uitpass, en met die hiperventilasie van die pyn het ek toe naderhand "pins en needles" in my hande en voete, en my bors is seer - ek het selfs gedink ek kry dalk 'n hartaanval.  :-)  Nodeloos om te sê - na die trippie hospitaal toe is ek te vrek bang om die tee-tannie se goed weer te drink - so ek is nou maar weer terug op die ou manier van gesond eet en vergeet om wonderbaarlik 20 kilos in twee maande te verloor.  :-)  Sad but true!

Ma-hulle was nou vir twee aande gou by ons - oppad na 'n reunie in Harrismith.  Jadie begin darem nou so stadigaan met hulle speel en vir hulle smile.  Kaylee het haar oupa en ouma terdee geniet - soos altyd.  Ons sien hulle so bittermin!

Mike se ouers is met sy bakkie NoordKaap toe.  Dit is eintlik baie snaaks.  Mike moes sy registrasie papiere en 'n getekende brief van die stadsraad (wat die bakkie finansier) kry om te sê dat die bakkie vir twee weke uit die land mag wees.  Mike wil toe weet of hulle Botswana toe gaan - nee, sê Grandpa, hulle gaan net Noordkaap toe, maar met die mense daar in die Noordkaap weet mens nooit!  Wat sal nou gebeur as hulle gestop word met 'n bakkie wat nie aan hulle behoort nie...  :-)  Die twee ouerpare word vir my baie snaaks hoe ouer hulle word!

Ons het nou die naweek weer 'n PietMuis gaan kry ('n klein dwerg hamstertjie) en twee vissies - ek het gejeuk vir ietsie.  Mike wil piep kry - maar hy kan bly wees daar was nie voëltjies nie - want ek wou nog 'n voëltjie ook gekry het. :-)  Jade wil haar doodlag vir die muis - en Kaylee is heel gemaklik om hom vas te hou.  In fact, Kaylee hou die muis vas dat hy op sy ruggie lê en dan voer sy hom.  Hy lyk nie of hy vreeslik omgee nie, want hy kruip nie eintlik weg as sy hom wil vang nie.  Wel - jammer om te sê - maar een van die vissies het reeds gesterf.  Kaylee het met trane in haar oë na my toe gekom om my mee te deel dag "tweedledum" weg is.  Dit het my so oomblik geneem - tot sy sê sy sien net vir "tweedledee".  Gelukkig het "tweedledum" toe in die grassies vasgehak so sy het dit nie eers gesien nie - en Mike het so stilweg die ou vissie in die toilet begrawe.  Kaylee het ook vir Mike gesê sy dink sy gaan sommer die grafie daar langs PietMuis se hokkie bêre sodat as hy doodgaan kan hulle hom gaan begrawe...  Tot Mike se ontsteltenis - want die laaste PietMuis wat ons gehad het het redelik lank gelewe - tot hy eendag tot 'n vreemde en skielike ondergang gekom het.  Ek was in Durban toe dit gebeur het, en Mike en Kaylee moes begrafnis hou.  Hulle het 'n kruis gebou met PietMuis se naam op - hulle het liedjies gesing, vir PietMuis in 'n boksie vol watte gesit en ter aarde gelaat.  Mike het blykbaar 'n traan of twee gepik, en Kaylee was te bly toe sy hoor die "wake" gaan in die Spur gehou word.  G'n wonder sy bêre al die graaf by die hokkie nie...

OK - ek het nou 'n vreeslike lang brief geskryf en kannie wag om van almal van julle te hoor nie!

Nuus uit SA - Hardus koop huis in Londen saam met 'n vriend, Debbie is swanger en ons bid almal vir haar dat dit sal goedgaan.  Ek glo absoluut dit sal.  Jenny hoor dalk more wat hulle verwag - dogtertjie of seuntjie - as die babatjie tog maar net mooi sal lê.

Baie liefde aan almal, met baie liefde van ons.

Die Rethmans.

PS - as julle nou ewe skielik hierdie briewe begin kry moet julle weet julle is op die lysie geplaas omdat ons julle amper nooit meer sien nie en hierdie die enigste manier is waarop julle sal weet dit gaan nog aan hier by ons.  Hieronder sluit ek spesifiek vir Carina Maritz en Deon van Tonder en Philip Jordaan en Schreuder Venter in!!  Hoop julle voel nou sleg.  :-)